EMail Print

Events Calendar

Event 

Title:
Ratanga Dag 100 Plaaskinders
When:
27.11.2011 - 27.11.2011
Where:
Ratanga Junction -
Category:
Upliftment

Description



RATANGA DAG VIR 100 PLAASKINDERS 2011

Weereens was ons so geseënd gewees deur die Oostenberg Rotary was vir ons 100 kaartjies vir Ratanga beskikbaar gestel het vir ons plaaskinders.
Ons het sondag oggend teen 7:15 al reg gestaan by Laerskool Bottelary en gewag vir die Interkaap bus wat die kinders kom oplaai het vir die dag. Daar aangekom het ons die kinders in ouderdoms groepe ingedeel en vir elke groep oppassers gegee wat hulle die heeldag moes verantwoordelik gewees het.
Die rotary het later die middag vir elke kind 'n worsrolletjie, sappie en appel gegee om net ietsie in hulle magies te kry, en ook 'n lekkergoed pakkie vir die rit huis toe. Dit was 'n heerlike sonskyn dag en die kinders het dit ongelooflik baie geniet. Ons wil net dankie sê vir Manfred van Oostenberg Rotary, Cindy Sinclair Nell van Ratanga, Antonneke van Interkaap, Al die plaas eienaars wat gehelp het met die reelings om hulle kinders bymekaar te kry vir die dag, al die oppassers wat so mooi na ons kinders gekyk het, die bus drywer van Interkaap, die fotograaf wat elke oomblik so mooi vasgevang het.
Sonder julle almal se bydrae sou hierdie dag nie so suksesvol gewees het nie.





























Venue

Venue:
Ratanga Junction

Description

Sorry, no description available